|
Welkom by die webruimte van Bo-Karoo Droëvrugte
Behalwe vir rosyne wat plaaslike gedroog word, koop Bo-Karoo Droëvrugte gehalte droëvrugte aan vanuit verskeie plekke in die Boland, wat dan verpak en versprei word vanuit Ermelo en landwyd afgelewer word.
Die heerlike vars vrugte uit die Boland verseker dat ons Gemengde Pakke 'n topverkoper is. Probeer gerus ook die Chew Mix - wat groot byval by veral die kinders vind en vir die bakkers is daar die Bakers mix en Super cake mix teen 'n baie billike prys.
Vir die ouens wat lief is vir soet, maar dit nie mag eet nie, is daar spesiale "Suikervrye lekkers" wat meebos insluit.
Ons billike pryse sluit verpakking en vervoer op minimum bestelling van 30kg of meer in. Alternatiewe vervoer vir kleiner bestellings is ook beskikbaar teen billike pryse.
Foto's van alle produkte sal binnekort op die produktebladsy beskikbaar wees en bestellings kan vanaf die kontak & bestelblad gestuur word.
|
||||
|
Verwelkomingsblad | Produkteblad
| Kontak & Bestelblad |
© 2003 Bo-Karoo Droëvrugte [www.droevrugte.co.za] |
|||||